Betaal R80 per maand en kry via WhatsApp mediese advies direk van Dr. Chazelle Esterhuizen. Ontvang ook gratis voorskrifte vir immunisasie. Addisionele voorskrifte teen 'n koste van R150 per voorskrif.
Wanneer u inteken vir die Advieslyn, stem u in tot die volgende bepalings en voorwaardes:
Bepalings en voorwaardes:
1. Die diens is slegs beskikbaar vir ouers wie se kinders by Speel-Speel Skool ingeskryf is.
2. Die WhatsApp-lyn is beskikbaar Maandag - Saterdag van 7:00 tot 17:00.
3. Neem asb. kennis dat u een kalendermaand kennis moet gee om die diens te kanselleer deur 'n epos aan finansies@speelspeelskool.co.za te stuur.
4. Die faktuur sal maandeliks op u skoolfondsrekening gehef word en moet asb. saam met u skoolfonds voor of op die 3e dag van die maand vereffen word.
5. Die WhatsApp nommer sal saam met die faktuur via epos aan u gestuur word.